Weskus Jou Lekker Ding Braai Fees - Tietiesbaai, Paternoster

Actions and Detail Panel

On Sale May 3 at 12:00 AM
Remind me

Event Information

Share this event

Date and Time

Location

Location

Weskus Jou Lekker Ding Braai Fees - Tietiesbaai Rest Camp

Tietiesbaai

Tietiesbaai Rest Camp

Vredenburg, Western Cape` 7380

South Africa

View Map

Event description
Weskus Jou Lekker Ding Braai Fees

About this Event

Die Weskus is ons taal & Weskus Jou Lekker Ding Braai Fees ons Afrikaanse Braai Fees der Feeste! Ons het perlemoen en ons het vet galjoen, groot rooi krewe en ons het 'n lekker lewe. Dit is, hoe dit is, inni Weskus.

Met 'n 'huppel in ons trippel', is ons trots Afrikaans. Weskus Jou Lekker Ding Fees, is joune, myne, almal sin saam! Ons beoog om die GROOTSTE Afrikaanse Braai Fees Skouspel te wees wat gehou gaan word, wat die Weskaap & Weskus Streek nog die voorreg gehad het om aan te bied, en die Fees sal plaasvind elke jaar.

Ons Fees word gehou in sekerlik een van Suid Afrika se pragtigste, ongerepte, asemrowende Natuur Skoonlikhede, naamlik Die Weskus van Suid Afrika. Ons Fees beloof om vermaak te bied vir almal, 'all walks of life', en dit wat die Fees die normale man op die straat gaan bied, is ongelooflik. 2 x Kroee (Bier tente)

Ons Fees sluit verder ongelooflike vermaak in vir kinders onder 16, met 'n toegewyde speel terrein en dagsorg fasiliteit, vir ouers om met 'n geruste gemoed en hart hulle kinders toe te laat om al die pret te geniet, sonder hulle toesighouding. Ons 'Info Kiosk' sal voorsiening maak vir alle inligting rakende die Fees, en ons stalletjies beloof om iets spesiaals in elk uit te bring, en sal net die beste en mees oorspronklike temas goedgekeur word vir u vermaak, maar wees verseker, by ons Fees, sal u van 'n naald tot 'n Olifant kan koop.

Verder is ons Fees ingerig om tonne 'van die verhoog' vermaak aan te bied, verskeie see en strand aktiwiteite, soos beplande vertonings deur die NSRI rondom lewens redding, potjiekos kompetisie, Snoek braai en Patat kompetisie, "Skaap Spit Braai kompetisie" alles oorsien deur die beoordeellaars..... Ons sal ook verskeie TV kanaal dekkings geniet, en beoog om TV programme / kanale soos Pasella, Fiesta van KykNet, en vele meer, uit te nooi na ons Fees, met ons Media vennoot wat regstreeks sal uitsaai van die Fees terrein, en laaste maar nie die minste nie, sal ons 'n verhoog vol immer gewilde Afrikaanse kunstenaars opdis, wat al ons Fees gangers sal vermaak, tot die son op die horison en die see gaan lê, en weer opkom dievolgende more, dit alles aangebied deur ons immer gewilde 'Master's of the Ceremony' 2 man span.

Ons wens elke Fees ganger toe om saam met ons, 'n naweek van algehele Pret en Plesier te kom deel, en ons as die Weskus Jou Lekker Ding Braai Fees Kommitee, gaan ieder en elke Fees ganger se wind uit hulle seile UIT haal, dit is ons belofte aan julle WESKUS, en ook ons Weskaap, Boland, Karoo, Namaqauland, Suidwes, en al die ander oorblywende Provinsies van SA se broers en susters! Kom geniet 'n 'Kaleidoskoop' van Kultuur, Kleure & geure, en Afrikaanse Musiek saam met ons en wees net Mens, wees net WESKUS! ✔ Aweh Ma Se Kinners! ✔ WESKUS JOU LEKKER DING BRAAI FEES! ✔✔

Share with friends

Date and Time

Location

Weskus Jou Lekker Ding Braai Fees - Tietiesbaai Rest Camp

Tietiesbaai

Tietiesbaai Rest Camp

Vredenburg, Western Cape` 7380

South Africa

View Map

Save This Event

Event Saved