Free

Event Information

Share this event

Date and Time

Location

Location

Kingsway Christian College Auditorium

157 Kingsway

Darch, WA 6065

Australia

View Map

Event description
Anders, n Afrikaanse duo kom tree op in Perth. Die optrede is gratis en vir die hele famielie! Kom geniet die aand saam met ons in sang.

About this Event

Anders in Perth!

Toekennings: Beste Album deur a Duo (2016), Beste Groep van die Jaar (2016), Gospel Album van die jaar (2018)

Datum: Sondag 21 April 2019

Plek: Kingsway Christian College Auditorium

Tyd: 6:30pm maak die deure oop. Die optrede begin stiptelik 7pm.

Kaartjies is verniet, maar moet bespreek word!

Koffie, tee, en verversings sal voor die tyd beskikbaar wees.

Wie is Anders? ......

In 2007 trou 'n jong Wynand en Lindi met mekaar na 6 jaar van uitgaan. Twee jaar later word hul debuut Gospel album - Anders (Dink Leef Klink) vrygestel en dit breek elke stereotipe van hoe Afrikaanse Gospel musiek moet klink.

6 Jaar later, nog twee albums, honderde optredes, van Gospel Skouspel tot die Inni bos hoofverhoog sowel as twee Ghoema toekennings (Groep van die jaar, Beste album deur n duo/groep) en hulle is terug met n splinternuwe Gospel album, Anders "Bruid". Weereens is daar geen twyfel dat die nuwe klanke iets gaan bring na die Gospel industrie wat nog nie gehoor is nie. 10 Snitte waarvan 8 oorspronklik geskryf en vervaardig is deur die duo, gaan jou baie vinnig laat saamsing. Maklik genoeg om saam te kan sing, maar steeds met daardie "Anders" stempel wat eie is aan hulle musiek.

"Nothing less" is n engelse snit wat al klaar groot indruk maak in die Gospel bedryf, plaaslik en internasionaal. Hou die lied en komende musiekvideo dop!

"Bruid", die titelsnit spreek van hoe ons God se bruid wil wees, wit gewas deur Sy Bloed. "In U hand", is n aanbiddingslied wat gaan oor dankbaarheid vir als wat Hy vir ons doen en beteken.

"Ons het nog nooit ons liefde vir Gospel musiek opgegee nie. Dit het paar jaar geneem om die liedjies te skryf. Jare van aanbidding lei in verskillende kerke het ons laat besef dat dit is waar ons harte nog altyd lê, en ons kan nie meer opgewonde wees om die nuwe musiek met almal te deel nie. Mag die Here se liefde en Sy woord aan elkeen openbaar word deur elke lied!"

Share with friends

Date and Time

Location

Kingsway Christian College Auditorium

157 Kingsway

Darch, WA 6065

Australia

View Map

Save This Event

Event Saved